the padded cage

i like it here.

Wednesday, November 14, 2007

Ba-bai hasie hasie (Afr. Post)




Inleiding


my lewe - 'n nimmereindigende kruispad.


Wie is ek


'n bedorwe ou brokkie staar na die rekenaarskerm voor haar. Gebore in die Kaap van storms, en daai tafelvormige berg, geskep uit liefde, groot bruin ogies vol verwagting en verwonder. nomadies van die een hoek van die land na die ander - nou oppad na my middel-twintiger jare. My gesig die ene skok - waarheen is my jongdae? Hard geswot, hard gewerk, alleen en verwoes. My lewe is 'n oopboek toets - die antwoorde is daar, maar hoe gaan ek toepassing en insig vind?


Waarheen is ek oppad


my lewe lê oop voor my, 'n gekronkelde pad - soos die gekreukelde gesig van my afgestorwe ouma, vol liefde, pyne, skete en vreugde. daar is geen padkaart. net oneindigende teer tot in ewigheid. ek is waarskynlik oppad nêrens heen. een van die dae bou ek my tuiste daar.


Wat is my doel in hierie ou lewe


my brein borrel oor met kennis en tegniek, geskiedenis en humor. ek is 'n afgelewe wilger langs 'n stille meer. hier om so veel van die koel sparkelende waters van kennis op te slurp, en dus my droë en dor blare te vervris.


Hoe voel ek oor die hele saak


Grotendeels is apatie my naam. Sarkasme is my verkore vriendin. Saam gaan ons die lewe in, sinies en negatief. Wat is die eerste stap na die saligheid van geluk? Wie weet.


Naskrif


Dis moeiliker as wat dit lyk.

Labels:

8 Comments:

Blogger morbidneko said...

ek gaan my hare afsny.

'n nuwe haarstyl, vir 'n nuwe *EK*

4:02 pm  
Blogger Unknown said...

Klink na 'n goeie idee - dis die eerste ding wat ek gedoen het toe ek my groot verhuisingstap geneem het - kort soos 'n slagoffer van 'n konsentrasiekamp. Daar's niks so vernuwend om soos 'n feniks uit die as van jou vorige bestaan te verrys nie. Jy het my volle goedkeuring.

6:09 pm  
Blogger Pink said...

I'll just take your word for it on this one ;)
xx
pinks

2:24 am  
Anonymous Anonymous said...

Goeie genugtig Griet!

Maar dis diep en onomwonde gevleulde woorde wat jy hier in die kuber ruimte uiter!

Dit het regtig die hart snare geroer!

Sterkte met die vernuwing!
Groente
Die Troep

10:13 am  
Blogger morbidneko said...

dankie, jagter. ek het 'n biq van 'n verandering in my lewe nodig. drastiese verandering.

dis moeilik om in afr te skryf.. my woordeskat is nie wat wonners nie...

pinks, dont worry, it's just more of the usual bitching about my life. ;)

Troep!
thanks en thanks. :) ja, my gevleulde woorde.. ek het nog baie om te leer en ervaar.

3:16 pm  
Blogger Unknown said...

Klink vir my of jy heel goed regkom: hier is immers groot woorde soos 'afgestorwe' en 'grotendeels'... weet jy hoeveel mense spel dit verkeerd?

Kry jou kop al koud?

2:53 am  
Blogger eric1313 said...

If it's just more bitching then I'll stay out of it...

Oh no! Too late!

Thank you for the complimentary comments.

2:46 am  
Blogger morbidneko said...

:)

hi eoh
het nog ni die moed / tyd bymekaar geskraap om die hare te laat doen nie. wil immers nie soos 'n soldaat lyk nie. moet nog okay lyk vir werk en sosiaal verkeer.

hi, eric!
it is but a pleasure. i've been meaning to tell you those things for a while. but, you know how it is.

on the upside, i had a most wonderful weekend, and im planning another eventful one for this coming weekend. the key, friends and neighbours, is to try to keep busy as much as possible.

no news from the x. but, that is hardly surprising.

10:07 am  

Post a Comment

<< Home