
Inleiding
my lewe - 'n nimmereindigende kruispad.
Wie is ek
'n bedorwe ou brokkie staar na die rekenaarskerm voor haar. Gebore in die Kaap van storms, en daai tafelvormige berg, geskep uit liefde, groot bruin ogies vol verwagting en verwonder. nomadies van die een hoek van die land na die ander - nou oppad na my middel-twintiger jare. My gesig die ene skok - waarheen is my jongdae? Hard geswot, hard gewerk, alleen en verwoes. My lewe is 'n oopboek toets - die antwoorde is daar, maar hoe gaan ek toepassing en insig vind?
Waarheen is ek oppad
my lewe lê oop voor my, 'n gekronkelde pad - soos die gekreukelde gesig van my afgestorwe ouma, vol liefde, pyne, skete en vreugde. daar is geen padkaart. net oneindigende teer tot in ewigheid. ek is waarskynlik oppad nêrens heen. een van die dae bou ek my tuiste daar.
Wat is my doel in hierie ou lewe
my brein borrel oor met kennis en tegniek, geskiedenis en humor. ek is 'n afgelewe wilger langs 'n stille meer. hier om so veel van die koel sparkelende waters van kennis op te slurp, en dus my droë en dor blare te vervris.
Hoe voel ek oor die hele saak
Grotendeels is apatie my naam. Sarkasme is my verkore vriendin. Saam gaan ons die lewe in, sinies en negatief. Wat is die eerste stap na die saligheid van geluk? Wie weet.
Naskrif
Dis moeiliker as wat dit lyk.
Labels: define me